Vriende rus en herlaai by Hartenbos

Vriende gaan rus en herlaai op Hartenbos

Vier vriende het besluit om ‘n langnaweek te hou, en saam vertrek hulle ’n Saterdagoggend om 07:00 na Hartenbos.  Halfpad is gestop om  eers ontbyt te geniet.  Gekookte eiers, vleisrolletjies, brood en koffie.

Hulle arriveer net na middag op Hartenbos en na afgepak is, word sommer dadelik  vuur gemaak om te braai vir ete.

Die volgende oggend is afgeskop met koffie en beskuit en ’n lang ent se stap langs die see.  Daarna winkel toe om gou ‘n paar vergete goed te gaan koop.

Die tweede dag is daar lewer in netvet gebraai .  Cas laat toe sy porsie op die braaitafel om af te koel terwyl hy gou iets in die rondawel gaan soek.  Met sy terugkoms is sy lewer weg, gegaps deur ’n fiskaallaksman.

Ons ander kuiergas, die kwikkie, was elke dag daar vir sy porsie kaas wat Cas aanbied.

Tydens die aangename sonskyndae is elke dag mini-gholf gespeel soos die fotos wys.

Na ‘n paar pragtige dae en lekker kuier met goeie geselskap, is dit weer terugkeer huiswaarts en die vier vriende arriver weer om 12:00 op die 5de September veilig terug in Gordonsbaai.

Kliek op die fotos vir meer inligting