Strand lief en leed 2016

In die NHK gemeente Strand, wil ons graag deel in elke lidmaat se vreugde, en ons dink ook aan die lidmate wat die pyn van ‘n siekbed, of hartseer aan die verlies van ‘n geliefde ervaar. Ons dink aan mekaar in tye van Vreugde en van Hartseer. Die weeklikse lief en leed in die gemeente word in die Diensblad gemeld en geboortes, doop, troues en verjaarsdae word hieronder vermeld.

Kliek op ‘n foto vir meer inligting

Alexa1

Doop Geleentheid van Alexa Sanet Groenewald, behartig deur Ds, Gerrit-Daan van der Merwe.

 

Theo_Bothma

Oom Theo Bothma is Vrydag oggend 13 Mei, om 3:30 oorlede. Sy gedenk diens sal Dinsdag uit ons kerk, NHK Strand wees. Ons innige meegevoel aan sy familie.

kr-005n

Vier nuwe kerkraadslede, bevestig op 18 September 2016. Van links na regs: Stefan Nieuwenhuizen, Zelmi Niewenhuizen, Xander Fourie, Suzette Coetzee Niewenhuizen. Baie welkom en baie geluk aan elkeen van julle.



profjan03

Professor Jan Barkhuizen ontvang die HCM Fourie erepenning.


Izak

Izak Smit is op Sondag 13 November 2016 bevestig as Ouderling. Baie geluk Izak, en baie welkom in die Kerkraad.