Saamstaanfees 2019

Saamstaanfees 5 Oktober 2019, in die NG Lourensrivier Kerksaal.

Die Hervormde Kerk Strand, het die 2019 Saamstaanfees in die NG Lourensrivier kerksaal gehou.Dit was ‘n pragtige sonskyndag en die weer het saamgespeel om dit ‘n onvergeetlike dag van feesvieringe te maak,die tafels het gekreun onder al die lekkernye en winskopies, wat kenmerkend is van die Saamstaanfees.Ons opregte dank aan almal wat dit moonlik gemaak het met u onbaatsugtige hulp en bydrae om van hierdie dag ‘n sukses te maak.Ons sien daarna uit om u volgende jaar weer daar te sien.

Kliek op die foto om te vergroot.
Fotos kan 2x vergroot.