Pannekoekdag

Radio Helderberg ons plaaslike radiostasie het ons gemeente van die Kerk genooi om tydens die bloedskenkdag, wat deur hulle in samewerking met die W.P. Bloedbank gereël is, pannekoek te bak en verkoop.

Die baas pannekoek resep is deur Martie Blignaut vir ons voorberei, soos net sy kan.

Helpers is gewerf om die dag te kom help.

Dinsdag die 29ste April was ʼn regte pannekoek dag, met die ligte reëntjie wat geval het.

Die gasplate en tafels is op gereed gekry.

Die groot rooi bus wat as skenker lokaal gebruik word daag op.

Daar was meer as genoeg vrywillige hande op wie ons kon staatmaak.

Baksters gewapen met panne, deeg, lepels en spane het tot die Stryd toe getree.

Die kassier kon nie wag dat die eerste Verkope moes plaas vind nie.

Die strooiers en rollers was gereed om die aanslag af te weer. Kopers het maar drupsgewys hul opwagting gemaak.

Die fotograaf was so begeester dat hy die kassier ter slagting gely het om in die stoel te gaan sit vir ʼn gemaakte skenking om ʼn foto te kry.

Die gewillige hande het gekom en gegaan en almal het ʼn kans gekry om ʼn bydrae te lewer. So ook die kopers.

Daar het ʼn lekker gesellige atmosfeer geheers met die lidmate en kopers, Die kontak met die radio personeel was ook ʼn plus punt so lyk die persoon agter die stem.

Daar is gebak, gerus en gebak en weer gebak. Op ʼn stadium is daar gewonder wie gaan al die pannekoek koop en eet

Gelukkig is alles verkoop en het die Kerk vir die min moeite ʼn aanvaarbare wins gemaak vir die dag.

Ons dank ons Hemelse Vader dat hy ook sulke geleenthede op ons pad stuur, wat ons kan benut tot die uitbreiding van sy Kerk en Koninkryk in ons gemeenskap, land en aarde

Daar is ook koeksisters en koekies tydens die geleentheid verkoop.

Dankie aan al die vrywillige helpers.

Dankie ook aan Radio Helderberg vir die geleentheid wat hulle ons gegun het om die dag daar te wees ons waardeer alles opreg.

 

SOEK VIR ONS NOG SULKE GELEENTHEDE ASB!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Douw Steyn