Koekiebak dag by die kerk

Koekiebak dag by die Nederduitsch Hervormde Kerk – Gemeente Strand

Een keer per maand is dit koekiebak dag by die Strand gemeente en ‘n klompie vrywilligers kom bymekaar om van die projek ‘n sukses te maak, en met soveel goeie gesindheid en samewerking word die dag al meer en meer gewild en word na die volgende bakdag uitgesien.

Daar word hard gewerk en ook vrolik oor en weer geskerts en gesels sodat die ure baie vinnig verby vlieg, en voordat jy dit agterkom is die tyd verby en weereens is die bestellings met ywer en liefde uitgevoer.

Kliek op die foto’s om te vergroot en vir meer inligting