Snoekbraai

Frans en Chelna het besluit om ‘n snoekbraaiaand te hou en nooi toe ‘n paar vriende oor.
Dit was ‘n baie geselige aand wat afgeskop het met ‘n sjerrie. Ligte reën en ‘n gesellige vuur in die braaikamer, het die atmosfeer volmaak afgerond.
Toe Chelna se verrassing – Varkspek op ‘n stokkie! Daarna volg die snoek, slaai en knoffelbrood.
Toe kom nog ‘n groter verrasing – Chelna bring roomyshoringkies en ‘n bak gemengde roomys, en elkeen maak sy eie roomyshoringkie.
Dit was ‘n heerlike aand van saamwees met lekker kos en aangename geselskap.

Kliek op ‘n foto vir meer inligting