Fynproewers ry trein.

Op 8 Mei 2012 het 51 Seniors uit ons gemeente van die Strand af per trein vertrek na Kaapstad. Vandaar het ons 45 minute later op die Simonstad roete vertrek, al om Tafelberg, deur Muizenberg tot in Kalkbaai. Na ‘n vlugtige wandeling deur die dorp en lekkernye inkopies by ‘n bekende bakkery, het Ds Jan ons voorgegaan op ‘n kort staproete tot in die Kalkbaai hawe waar ons by Kalkies vis en skyfies middagete genuttig het. Daarna het ons die retoerrit aangepak en omstreeks 6.00nm weer in die Strand gearriveer.

Kliek op ‘n foto vir meer inligting