Boemelaarverjaarsdagpartytjie

‘n Paar vriende het besluit om een Saterdagmiddag saam te kuier. Wat van ‘n tema? Elkeen kom “opgedress” in sy beste boemelaarsuitrusting! Martin klop amper by die verkeerde huis aan, gelukkig is hy vinnig genoeg op die regte adres gewys. Piet het ‘n laphoedjie in die hand en wil hoor of dit is waar die “pot” is. Tokkie, jy was die beste en, almal was baie kreatief. Ons kon lekker vir mekaar lag en elkeen se snaaksigheid geniet. Met stukkende kouse, skewe hemde en verskillende skoene aan dieselfde man se voete, het almal heerlik gesmul aan Izak se potjie. Na heerlike verjaarsdag vieringe saam met Susan het elke boemelaar uiteindelik na sy eie huis teruggekeer.

Kliek op ‘n foto vir meer inligting