‘Funky Friday’

Die projekte komitee het op 1 Julie 2011 die eerste  “Funky Friday” hamburger verkoping gereël ter stuiwing van die gemeente se boufonds. Die ywer waarmee daar gewerk word elke laaste Vrydag van die maand, en die bestellings wat ontvang word vertel die sukses verhaal van die heerlike hamburgers wat hier voorberei word.

Die “Funky Friday” hamburger dag word elke laaste Vrydag van die maand by die kerk gehou, daar word ook baie gesels en nuus uitgedeel tussen al die vriende wat so gereeld kom hand bysit. Ons is trots op die mense en hul bydrae tot die sukses van die “Funky Friday” projek.

Kliek op ‘n foto vir meer inligting