Nelie vier haar verjaarsdag saam met vriende

Nelie van Coller het Donderdag, 30 Januarie, verjaar en Thinus en Ellen asook Cas en Karin, saam met nog twee Kleinmond-vriende, het by haar gaan kuier. Dit was vir haar ‘n baie besondere dag aangesien sy sedert haar man in 2008 oorlede is, wegskram van verjaarsdae. Hierdie jaar het sy besluit om uit haar dop te kruip. Sy het haar vriende genooi en hulle het saam ‘n baie aangename kuier en lekker middagete by Le Réve Restaurant in Kleinmond geniet.

Baie geluk Nelie, en mag daar nog vele mooi jare op jou wag.